This is the accessibility version designed specifically for users needing extra accessibility features.
Feel free to check out the original experience here.
The experience descriptions and guides are currently being displayed in Afrikaans.
Welkom by die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus op die oewers van die Vaalrivier. My naam is Romantha en ek is jou toergids. Volg asseblief die pyle hier bo om jou weg op kampus te vind.
Ons kampus is in Vanderbijlpark geleë en die hoofingang is in Hendrik van Eck Boulevard. Aanvanklike het die kampus as ʼn satelliet-kampus in 1963 begin en toe in 1984 na die huidige gronde verskuif. In 2004 het ons ʼn volwaardige kampus geword toe die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en Universiteit van Noordwes saamgesmelt het om die Noordwes-Universiteit te vorm.
SRC Offices trail
SRC Offices
Tour stop audio transcript
Soos ons na die oostelike kant van die kampus beweeg kom ons by die hartklop van die kampus studentelewe. Ons studente-getalle het vinnig oor die afgelope 5 jaar gegroei en het reeds die 6 000 merk verbygesteek. Hierdie is die kantore van die Studenteraad of kortom, die SR. Die studenteleiers werk van hier af met die onderskeie huiskomitees saam om die belange van die studente-gemeenskap by die kampusbestuur te bevorder.
NWU Vaal River fm & Student24/7
Tour stop audio transcript
Langs die SR-kantore is ons kampus se radiostasie, NWU-Vaal River fm, asook die studentekoerant, Student 24/7. Die radiostasie se frekwensie is 87.6 fm en saai sedert 2013 uit.
Van 2010 af bring Student 24/7, ʼn web-gebaseerde koerant, al die nuutste nuus oor die studentelewe op kampus.
Studente word by die radiostasie en koerant die geleentheid gebied om in ʼn veilige omgewing te leer hoe om radio-omroepers, joernaliste en nuus fotograwe te wees voordat hulle die mediabedryf betree.
Cafeteria
Tour stop audio transcript
Die derde gebou wat die Studentesentrum vorm, is die Kafeteria. Die kafeteria bied and studente en persooneel ʼn groot verskeidenheid wegneemetes, snoeperye en gekookte etes. Met ʼn uitsig oor die kampus kan studente hier sit en uitkyk op die dam wat tussen die geboue geleë is, terwyl ganse en eende op die walle verby waggel.
Die vrylik beskikbare Wi-Fi fasiliteite en onbeperkte internet toegang maak die kafeteria ook die ideale plek om te sit en jou werksopdrag te voltooi of ʼn groepsopdrag met klasmaat te bespreek.

Building 4
Tour stop audio transcript
Wanneer ons agter die Kafeteria verby beweeg en met die trappies oploop, koms ons by Gebou 4 uit. Die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe en die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe is hier tuis. Aan die agterkant van die gebou is ʼn ou inwoner op kampus, die Van Schaik Boekwinkel. Aangesien hierdie winkel gerieflik op kampus geleë is, kan studente sommer maklik hul skryfbenodighede en voorgeskrewe handboeke hier aankoop.
Building 3
Tour stop audio transcript
ʼn Vennoot in dieselfde fakulteit is Gebou 4 wat langs Gebou 3 geleë is. Voorheen was hierdie gebou die biblioteek se tuiste, maar is onlangs spesiaal vir die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en IT ingerig. Die gebou is toegerus word vir robotika, ondernemingsontwikkeling, entrepreneurskap, asook gevorderde opleiding vir rekeningkunde- en IT-studente.
Building 6
Tour stop audio transcript
Gebou 6 is oorkant Gebou 4. Hierdie is een van die kampus se lesingsaalkomplekse waar ʼn verskeidenheid lesingsale en klaskamers beskikbaar is. Die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en IT se bhive Economic Development Centre, of EDC, is hier geleë. Die EDC is ʼn inisiatief wat dit daarop toespits om studente en gemeenskapslede as entrepreneurs te ontwikkel. Die Enterprising Women-program is onlangs deur die EDC van stapel gestuur om vroulike entrepreneurs te help om hulle doelwitte en besigheidsdrome te verwesenlik.
Nog ʼn inwoner in Gebou 6 is die Centre for Continuing Professional Development, wat verskeie informele onderrig- en leer-aktiwiteite, soos kort leerprogramme en -kursusse, voortgesette professionele ontwikkeling-aanbiedings, en werkswinkels aanbied.

Building 7 trail
Building 7
Tour stop audio transcript
Verder met die stoep af is Gebou 7, waar die dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe se kantoor geleë is. Die Fakulteit Geesteswetenskappe sluit die volgende skole in: Tale, Basiese Wetenskappe, Gedragswetenskappe, en Opvoedkundige Wetenskappe
Die Skool vir Tale en die Skool vir Gedragswetenskappe se tuiste is in Gebou 7 en verskeie navorsingsprogramme en opleidingsprogramme kan ook hier gevind word.
Die Optentia Navorsingsprogram bestudeer die optimale uitdrukking van individuele, sosiale en institusionele potensiaal. Die Centre for Translation and Professional Language Services, bekend as Ctrans, funksioneer as ʼn professionele taalpraktyk en opleidingsentrum vir taalpraktykstudente op kampus.
Laastens vind ons UPSET, ʼn navorsingsarea wat taalbegrip en -verwerking in komplekse situasies ondersoek en sluit ondermeer navorsing oor die gebruik van onderskrifte en oog-navolgtegnologie in.
Building 13 trail
Building 13
Tour stop audio transcript
Gebou 13 is die nuutste toevoeging tot die Vaaldriehoekkampus se groeiende infrastruktuur. Die kampus-biblioteek en ʼn algemene akademiese kern word hier gehuisves.
Die biblioteek maak voorsiening vir 687 sitplekke, 180 rekenaars vir biblioteekgebruikers, en het ook 85 000 boeke en 83 000 elektroniese titels beskikbaar.
Hierdie alles-in-een kompleks maak voorsiening vir ʼn verskeidenheid studente-behoeftes soos Studente-voorligting en Ontwikkeling, Akadmiese Ontwikkeling en Ondersteuning, ʼn lees- en skryfsentrum, IT-ondersteuning, ʼn rekenaarlokaal met 24-uur toegang, en ʼn koffiewinkel.
Die nuwe digitale Suid-Afrikaanse Watergeskiedenis Argief, ʼn eerste in Suid-Afrika, word ook in Gebou 13 gehuisves.

Building 11B
Tour stop audio transcript
Aangrensend is Gebou 11 B waar die Skool vir Basiese Wetenskappe gevind kan word. Hierdie skool sluit ʼn diverse groep spesialis-areas soos geskiedenis, regte, filosofie, openbare bestuur en administrasie, politieke wetenskappe, en teologie in. Dinamiese navorsing word oor watergeskiedenis gedoen en ʼn NRF-befondsde multidissiplinêre navorsingsprojek word hier bedryf en fokus op die gemeenskap van Bekkersdal by Westonaria.
Building 11A trail
Building 11 A
Tour stop audio transcript
Gebou 11B is nou verbind met Gebou 11A. Hierdie gebou is ingerig vir die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe. Toekomstige onderwysers se praktiese opleiding vind hier in die rekenaar-, lees-, fisika-, en chemi-laboratoriums plaas. Die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe help om die area se vroeë kinderontwikkeling deur die Siyakhulisa-projek te verbeter. Deur onopgeleide onderwysers toe te rus met lesplanvaardighede en ander bekwaamhede binne hul beperkte hulpbronne, kan hulle beter fokus op jong kinders se ontwikkelingsbehoeftes.
Building 8 trail
Building8
Tour stop audio transcript
Wanneer ons skuins oor die pad loop, kom ons by Gebou 8. In hierdie gebou vind ons onder andere die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en IT se dekaanskantoor, asook die vakgroepe wiskunde en statistiek binne die Skool vir IT.
Baie dinamiese departemente word in die gebou saam groepeer, en sluit die Kampus IT-departement, die App Factory en die navorsingsareas soos die Centre for Applied Risk Management en MUST in. MUST fokus multitalige spraaktegnologie.
Die Serious Games Institute SA vorm deel van die fakulteit se industrie-gedrewe inisiatiewe en is ʼn gesamentlike onderneming met Coventry Universiteit in die VK. Hier word simulasie-speletjies ontwikkel om mense in sosio-ekonomie, streeksbeplanning en risiko-versekering op te lei.
Buildings 9 (a,b,c) & 12
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is langs Gebou 8 en sluit Geboue 9a, b en c, asook Gebou 12 in, en vorm saam die kampus se grootste lesingsaalkompleks. Gebou 9a voorsien ʼn aantal rekenaarlabortoriums en en ʼn biologielaboratorium, terwyl Gebou 9b, 9C en 12 lesingsale het wat studentegetalle van tussen 100 en 320 kan akkommodeer.
Ons hoë gehalte akademiese programme word ondersteun deur die gebruik van innoverende tegnologie in al ons klaskamers.
Western (bus) entrance
Tour stop audio transcript
Skuins oorkant die lesingsale in Geboue 9 en 12 is die westelike ingang tot die kampus. Hierdie ingang word hoofsaaklik vir die busdiens gebruik. Die kampusbestuur finansier gedeeltelik die diens om vervoer beskikbaar te maak vir studente wat nie op kampus woon nie.
Residences trail
Residences
Tour stop audio transcript
Sentraal geleë is die kampus-koshuise. Addisionele koshuiseblokke is onlangs geopen om tred te hou met die kampus se snel-groeiende studentegemeenskap. Hierdie koshuise is selfsorgeenhede met ʼn kombuis en gesamentlike ontspanningsarea vir elke koshuisblok. Elke koshuis word bestuur deur ʼn huiskomitee wat deur die inwoners verkies word, en ondersteun met die leiding van ʼn koshuisouer.

Building 17 trail
Building 17 (Technology Education)
Tour stop audio transcript
Om die draai vind ons Gebou 17. Gebou 17 is toegerus met ʼn aantal werkswinkels om onderwysstudente te help om die praktiese aspekte van Meganiese, Siviele en Elektriese Tegnologie te bemeester, en hul touwys te maak om hierdie tegniese vakke vir hoërskoolleerlinge en studente byVerdere Onderrig en Opleiding Kolleges aan te bied. Die belangrike vaardighede wat toekomstige onderwysers hier leer, sal help om die jeug beter toe te rus vir skaarsvaardighede.
Building 25 trail
Building 25
Tour stop audio transcript
Verder suid met die kronkelpad kom ons by Gebou 25 uit. Hierdie is een van die eerste geboue wat op die kampus gebou is en is vandag die tuiste van verskeie kampusbestuur-kantore, lesingsale, die kampusgimnasium en -argief, asook ondersteuningsdepartemente soos Bemarking & Kommunikasie en Studentesake. Ons kampus se liggaamsbou-span is die trotse toernooiwenners van Universiteit Sport Suid-Afrika se 2013 kompetisie.
Building 24
Tour stop audio transcript
ʼn Hanetreetjie ver is Gebou 24. Die kantoor van die rektor is in hierdie gebou geleë. Gebou 24 is ook die ook die administratiewe as waar om die kampus draai; hier kan studente aansoek vir hul studies doen, vakke registreer en klasgelde betaal. Internasionale studente word graag op die Vaaldriehoekkampus verwelkom en ondersteuning word aan die studente deur die internasionale kantoor hier in Gebou 24 gegee.

Big Lapa and River
Tour stop audio transcript
Vanuit Gebou 24 stap ons af na die mees suidelike gedeelte op kampus. Die Groot Lapa word dikwels vir sosiale geleenthede op kampus gebruik. Sy aantrekkingskrag lê daarin geleë dat dit amper reg op die oewers van die Vaalrivier is waar wilgerbome ʼn groen sambreel vorm. Die rivier is egter nie die enigste attraksie nie, die Vaaldriehoekkampus is ook ʼn natuur-reservaat met eende, ganse, apies, gemsbokke, blesbokke, springbokke en swart wildebeeste wat vrylik op kampus beweeg.
Sports Fields trail
Sports fields
Tour stop audio transcript
Ons is nou weer aan die oostelike kant van die kampus en hier is die laaste stop op ons kampustoer. Die onderskeie kampus sportvelde is almal hier geleë. Ons kampus neem aan verskeie sportkodes deel, waarby basketbal, liggaamsbou, kanovaart, skaak, krieket, fietsry, dans, hokkie, netbal, rugby en sokker ingesluit is. Ons hoop ons sien jou binnekort op die Vaaldriehoekkampus!