This is the accessibility version designed specifically for users needing extra accessibility features.
Feel free to check out the original experience here.
The experience descriptions and guides are currently being displayed in Afrikaans.
Unit for Language and Literature in the South African context
Tour stop audio transcript
Ons eerste stop in die toer, is die navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks.
Die ryk taaldiversiteit in Suid-Afrika, dien as agtergrond vir die navorsingsfokus van hierdie eenheid. Die navorsing span oor drie spesifieke areas.
Eerstens taal- en letterkunde in Afrikaans en Nederlands, Engels, Duits, Frans en Setswana.
Tweedens toegepaste taalkunde, wat aktiwiteite binne die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk insluit.
Die derde area is taaltegnologie, hieronder val navorsing en ontwikkeling wat gedoen word deur die Sentrum vir Tekstegnologie, ofte wel CTexT.
Africa unit for Trans disciplinary Health Research
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is die Afrika Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing, ook bekend as AUTHeR.
Die navorsing wat by Auther gedoen word, fokus op bio- psigososiale gesondheid binne die konteks van siekte voorkoming en die herstel, onderhou, bevordering en fasilitering van kwaliteit gesondheidsisteme.
Die eenheid stem saam met die Wêreld gesondheidsorganisasie se definisie van gesondheid wat lui: "Optimal health is a state of complete physical, mental, and social well-being and not merely the absence of disease or infirmity".
Die transdissiplinêre navorsingspan volg 'n holistiese benadering tot probleme en geleenthede wat eie is aan Afrika en ontwikkelende lande waar gesondheid geraak word deur kwessies soos HIV/ Vigs en vinnige verstedeliking asook lande waar die bemagtiging van mense en die ontwikkelings van mense-kapitaal top prioriteit is.
Trade and Development
Tour stop audio transcript
Ons stop nou by die navorsings nis TRADE, een van drie navorsingsentiteite binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
TRADE se navorsingsaktiwiteite is gerig op die bevordering en ontwikkeling van uitvoere – van die identifisering van nuwe en hoë potensiaal uitvoer geleenthede vir Suid-Afrika en ander lande, tot die ontsluiting van sleutels tot beter mededingendheid en beleggingsvloei na binne.
TRADE se ervare en betrokke span navorsers het bande met die regering en besigheidsektor en bly voortdurend op hoogte van internasionale ontwikkelings binne hulle betrokke navorsingsarea.
Tourism Research in Economic Environs and Society
Tour stop audio transcript
Ons is nou by TREES, die Toerisme navorsing in Ekonomie, Omgewing en Samelewing. Hierdie entiteit val ook onder die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Hierdie entiteit het homself bewys as 'n nasionale en internasionaal erkende navorsingsgroep, met 'n duidelike fokus op die ekonomiese, omgewings- en gemeenskapsnavorsing. Hierdie navorsing dek vyf kennisgebiede: ekonomiese impak en vooruitskatting, sosiale impak, geleentheidsbestuur en bemarking, gemeenskapsbegunstiging en die omgewingsimpak wat jag, ekotoerisme en wildsplaasbestuur insluit.
Hierdie entiteit spog tans met 50 PhD's en hulle navorsing word gereeld in gedrukte en elektroniese media gepubliseer.
Economic Management Sciences trail
Unit for Economic & Management Sciences
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is die Eenheid vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, beter bekend as Workwell, dit is die derde stop binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
By WorkWell val die klem op navorsing en nagraadse opleiding in ekonomiese en bestuursuitdagings wat Suid-Afrika in besonder, maar ook ander Afrika-lande in die gesig staar.
Die fokus is op die identifisering en ontwikkeling van beleide, maatstawwe en metodes om die gebruik van instellings se hulpmiddels soos inligting, mense, finansies en bestuur te optimaliseer, terwyl daar aandag gegee word aan kwessies in diversiteit en 'n ontwikkelende ekonomie.
'n Deel van WorkWell se missie is om interessante en nougesette navorsing te lewer wat gerig is op 'n beter wetenskaplike begrip van mense se werkswêreld.
Environmental Sciences trail
Unit for Environmental Sciences and Management
Tour stop audio transcript
Ons is nou by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur. Hierdie eenheid se waarde-gedrewe navorsingsprogram is gerig op die ontwikkeling van kennis en 'n fundamentele begrip van hoe ons natuurlike wêreld werk.
Hierdie eenheid is 'n erkende sentrum binne die Fakulteit Natuurwetenskappe en is geakkrediteer deur die NWU as 'n gedesentraliseerde kortkursus verskaffer van potensieel krediet-draende leerprogramme.
Die sentrum ondersteun die optimale benutting van natuurlike hulpbronne binne die beperking van die ekosisteem se weerstand, en neem die omgewings-, sowel as finansiële implikasies van die herstel en remediëring van gebiede en waterweë wat versteur is, in ag.
Om lang termyn relevansie te verseker, balanseer die eenheid fundamentele akademiese navorsing en mark gerigte navorsing sodat die industrie sowel as gemeenskappe daaruit voordeel kan trek.
Main Building trail
Unit for Development in the South African Constitutional State
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is die Eenheid vir die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse regstaat.
Hierdie navorsingseenheid is geleë binne die Fakulteit regte en spreek ontwikkelings-, sowel as wetlike kwessies in Suid-Afrika aan.
Die verskeie projekte binne die eenheid het te make met hedendaagse kwessies in beide die publieke en privaatsektor. Hierdie kwessies sluit in handel en ontwikkeling, grondkwessies, armoede verligting, omgewings wetgewing, die verwesenliking van sosio-ekonomiese regte, geloof en kultuur.
Suid-Afrika funksioneer binne die konteks van die Suidelike Afrika Ontwikkelingsgemeenskap, die Afrika-unie en internasionale wet en dus ondersoek 'n hele aantal projekte hierdie verhouding. Wat hierdie navorsingseenheid uniek maak is dat alle navorsingsprojekte betrekking het op die regering se belangrikste diensleweringsareas.
Quality in Nursing & Midwifery trail
Quality in Nursing & Midwifery
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is een van die nuwer navorsingsfokus-areas op kampus. Hierdie fokus area staan bekend as INSINQ, oftewel Kwaliteit in Verpleging en Verloskunde.
Die missie van INSINQ is om die kwaliteit van verpleging en verloskunde te verhoog, deur gefokusde navorsing wat plaaslik, provinsiaal en internasionaal die gesondheidsuitkomste van individue, gesinne en gemeenskappe verbeter.
Vissie: INSINQ sal erken word as een van die prominentste navorsings entiteite rakende verpleeg- en verloskunde in die Afrika distrik.
Lovers Lane trail
Centre for Human Metabonomics
Tour stop audio transcript
Ons is nou by die Sentrum vir menslike Metabonomika.
Die missie van hierdie sentrum is om deur deskundigheid in biochemie die lewenskwaliteit in Afrika te verstaan en te verbeter. Die SMM is in 2007 tot stand gebring as 'n sentrum vir bekwaamheid en is die enigste fasiliteit van sy soort in Afrika. By die SMM word wêreldklas kundigheid en die nuutste tegnologie gekombineer om tradisionele navorsingsmetodologieë uit te daag. Metabonomika is 'n holistiese navorsingsbenadering wat gerig is op die globale metaboliese reaksie in gesondheid en siekte. In samewerking met tegnologieë soos genomika en proteonomika, is die SMM in staat gestel om bio-analitiese karaktarisering van lewende organismes te voltooi en help om siekte-meganismes wat wetenskaplikes ontduik het, te ontsluit. Die SMM het 'n trotse geskiedenis van kommersialisering van diagnostiese dienste en hierdie tipe inligting dryf nuwe innovering.
Chemical Resource Benficiation
Tour stop audio transcript
Hier is ons nou by die Fokusarea: Chemiese Hulpmiddel Begunstiging, oftewel CRB, in die Fakulteit Natuurwetenskappe.
Die CRB fokus daarop om volhoubare waarde tot die Suid-Afrikaanse minerale en chemiese hulpmiddelbasis te voeg en is geografies ideaal geleë om dit reg te kry, met die NWU in twee van die land se mineraalrykste provinsies geleë.
Die CRB kombineer verskeie chemiese en chemiese ingenieurswese dissiplines om 'n kompeterende voorsprong te verseker om die Suid-Afrikaanse besigheidsektor met navorsingsdeskundigheid en goed opgeleide navorsers te voorsien.
Preclinical Platform trail
Pre Clinical Platform
Tour stop audio transcript
Welkom nou by die Pre-kliniese platform.
Die ontwikkeling van die farmaseutiese sektor in Suid-Afrika vorm deel van die Bio-ekonomiese Strategie van die Departement van Wetenskap en Tegnologie.
Om die ontwikkeling en vervaardiging van medisyne te bevorder, is 'n sterk pre-kliniese kapasiteit nodig vir beide die ontwikkeling, sowel as die registrasie van enige terapeutiese produk.
Dit sluit die vervaardiging van farmaseutiese middels, phyto-medikasies en ander botanies-afgeleide medikasie.
Weens reeds bestaande navorsings strategieë, kundigheid en vaardigheid, infrastruktuur en die intensie om te voldoen aan die nasionale, sowel as internasionale standaarde, is die kampus gekies as deel van die Nasionale Pre-kliniese middel ontwikkelingsprogram. Die tot stand bring van die DST Nasionale Pre-kliniese platform vir klein diere is ook in proses.
Die platform dien alle navorsing en maatskappye betrokke by die pre-kliniese middel ontwikkelingsprogram in Suid-Afrika en hopelik internasionaal.
Centre of Excellence for Nutrition trail
Centre of Excellence for Nutrition
Tour stop audio transcript
Nou is ons by die Sentrum vir uitnemendheid in Voeding of CEN soos dit ook bekend staan. Die sentrum bied opleiding en navorsing wat relevant is aan aanhoudende probleme met voeding in Suid-Afrika, die res van Afrika asook globaal.
Hulle navorsingsbenadering "van molekule tot die samelewing" stel hulle in staat om op alle vlakke 'n bydrae te lewer tot voedingsverwante gesondheidskwessies.
CEN het 'n diverse basis van kundigheid, 'n uitgebreide nasionale en internasionale netwerk en 'n prominente internasionale profiel.
Medicine Usage in South Africa trail
Medicine Usage in South Africa
Tour stop audio transcript
Hier is ons nou by Musa, oftewel Medisyne verbruik in Suid-Afrika.
Hierdie Nis Area is geleë binne die Skool vir Farmasie en het uit die vakgroepe Farmasie praktyk en Kliniese Farmasie ontstaan.
Musa se navorsing en nagraadse opleiding fokus op die korrekte gebruik van medikasie deur pasiënte in die publieke, en privaat gesondheidsorg sektors, asook faktore wat medisyne verbruik positief sowel as negatief kan beïnvloed. Musa is die enigste navorsingsentiteit wat fokus op medisyne verbruik en die finansiële aspekte van medikasie behandeling en gesondheidsorg verskaffing.
Centre of Excellence for Pharmaceutical Sciences trail
Pharmaceutical Sciences
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is Pharmacen: Die Sentrum vir Uitnemendheid in Farmaseutiese Wetenskappe.
Alle aspekte van die ontwikkeling van veilige, doeltreffende en koste-effektiewe middels en doseringsvorme vir die gemeenskap word deur hierdie eenheid gedek.
Pharmacen het die visie om 'n internasionale aansien te hê en ter selfder tyd die doelstellings van die NWU, die land en belangrike internasionale liggame soos die WGO in ag te neem. Lede van hierdie eenheid dien op verskeie internasionale komitees.
Die werk wat hier gedoen word strek oor alle velde wat nodig is vir medisyne ontwikkeling. Dit sluit formulering, analitiese wetenskap, produk karaktarisering en produk evaluering in.
Center for Space Research trail
Centre for Space Research
Tour stop audio transcript
Ons in nou by die Sentrum vir Ruimtenavorsing, een van drie Sentrums vir Uitnemendheid op kampus. Hierdie sentrum werk in 'n veld wat toeneem in belangrikheid in Suid-Afrika.
Die regering het astronomie en die gepaardgaande observasie infrastruktuur geïdentifiseer as belangrik vir die land en het verskeie beleggings gemaak deur onder andere die Groot Teleskoop van Suid-Afrika, die H.E.S.S, die gamma-ray teleskoop in Namibië en die bod vir die SKA te finansier.
Die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte agentskap, SANSA, is ook in 2010 tot stand gebring met die doel om meer waarde te kry uit ruimte wetenskap en tegnologie vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap se voordeel.
Physical Activity Sport and Recreation trail
Physical Activity Sport and Recreation
Tour stop audio transcript
Ons is nou by die Fokusarea: Fisieke Aktiwiteite Sport en Rekreasie, ook bekend as PhASRec.
Navorsing binne PhASRec fokus op die rol van fisieke aktiwiteit, sport en rekreasie in die verbetering van motoriese ontwikkeling en gesondheid, voorkoming en behandeling van kroniese siektes en ortopediese beserings, asook die optimalisering van hoë prestasie in sport. Die resultate verkry deur die navorsing, word toegepas in die opleiding van Bio-kenetikiste, Kinderkinetikiste, Sport wetenskaplikes en Rekreasie bestuurders.
PhASRec lei ook nasionale, sowel as internasionale studente op vir Meestersgrade en PhD's in Menslike Bewegingskunde en verwante areas. Daar is goeie werksverhoudinge met internasionale navorsers. PhASRec was 'n mede-aanbieder van die eerste Life Through Movement Internasionale konferensie in 2012.
Musical Arts in SA trail
Musical Arts in SA: Resources & Application
Tour stop audio transcript
Ons volgende stop is die navorsingsentiteit, MASARA, oftewel Musikale Kunste in Suid-Afrika: Hulpmiddels en Toepassings. MASARA is 'n Swahili vrouenaam wat vreugde beteken.
Hierdie entiteit is in 2008 tot stand gebring binne die Fakulteit lettere en Wysbegeerte op die Potchefstroom Kampus.
MASARA doen navorsing wat sosiaal en wetenskaplik relevant is en aandag gee aan hedendaagse behoeftes.
Hierdie entiteit fokus op sekere musiekkulture in Suid-Afrika, met spesifieke verwysing na Tswana en ander plaaslike musiekkulture. Die rede hiervoor is 'n nasionale bewustheid van die dringende behoefte om plaaslike kulture te integreer deur onderrig deur musiek.
As gevolg hiervan is daar nasionale en internasionale belangstelling in die agenda en uitsette van MASARA.
Unit for Energy Systems trail
Unit for Energy System
Tour stop audio transcript
Ons is nou by die Eenheid vir Energiestelsels.
Die Fakulteit Ingenieurswese wil graag erken word as 'n sentrum vir kundigheid en uitnemendheid vir navorsing in en die ontwikkeling van energiesisteme wat voldoen aan industriële behoeftes, terwyl daar 'n balans tussen basiese en toegepaste navorsing gehandhaaf word.
Een van die navorsingsprojekte wat onlangs baie aandag geniet het, is die Sonkragenergie-projek.
Unit for Reformed Theology trail
Unit for Reformed Theology and the Development of the South African Society
Tour stop audio transcript
Die Eenheid vir Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Samelewing se missie is om 'n teologies wetenskaplike bydrae te lewer tot belangrike debatte in Suid-Afrika, veral die wat betrekking het tot die verduideliking van die Bybel en die gebruik daarvan in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Die mikpunt is om 'n bydrae te lewer tot en riglyne te verskaf vir 'n gesonde en verantwoordelike samelewing, en vir funksionerende Christene binne die huidige Suid-Afrikaanse samelewing.
Vanuit 'n Hervormde Teologiese perspektief, strewe die eenheid daarna om 'n impak te maak op die diskoers van internasionale teologiese sake en aspekte wat verwant is aan die Suid-Afrikaanse samelewing.
Teaching Learning Organizations trail
Tour stop audio transcript
Ons is nou by die navorsingsentiteit Onderwys en Menseregte in Deversiteit, oftewel Edu-HRight en die navorsingsfokusarea Selfgerigte leer en Technologies versterkte leer vir Hoër Onderwys. Hierdie eenheid poog om teorie en praktyk bymekaar te bring en te reflekteer op uitdagings, effektiwiteit en produktiwiteit van transformasie in onderwys vir demokrasie. Edu-HRight is betrokke by menseregte in multi-etniese, multi-kulturele en multi-geloofsgroepe in verskeie onderwysvlakke. Die navorsing behels die verwesenliking en internasionalisering van sosiale geregtigheid en waardes in 'n diverse onderwys konteks.
Die hooffokus van die navorsing van die fokusarea is die interaksie tussen leeraktiwiteite en verskillende tegnologieë.

Teaching Learning Organizations