Welcome to NWU Pukke

This is the accessibility version designed specifically for users needing extra accessibility features.
Feel free to check out the original experience here.


Athletic Tour trail

High Performance Institute

You are now on the High Performance Institute stop of the Athletic Tour trail.

Tour stop audio transcript

Die NWU-Puk bied 'n wye verskeidenheid sportsoorte aan. Ons beginpunt is die FNB Hoë Prestasie Instituut, of HPI. Die Instituut is op die Fanie du Toit-Sportgronde van die NWU-Potchefstroomkampus. Die HPI bied internasionaal erkende multifunksionele en multidissiplinêre fasiliteite, dus jou alles-in-een-plek vir sportontwikkeling en top hoëprestasie-atlete. Potchefstroom is die voorkeur oefenbestemming vir menigte internasionale, nasionale en plaaslike atlete en sportspanne, vanweë die voortreflike oefenfasiliteite, wetenskaplike en sport-mediese dienste, asook ons gasvryheid, goeie weer en hoogte bo seespieël.